



NAAM VAN REKENING
L/S JJ VAN DER MERWE, SKOOLFONDS
TIPE REKENING
TJEK
BANK
ABSA, ERMELO
TAKKODE
632 005
REKENINGNOMMER
0102 147 0429
VERWYSING
Rekeningnommer, asook leerder se
naam en van
(Die skool beskik oor kaart en debietorder fasiliteit)
BETAALWYSES
U WORD DAARAAN HERINNER DAT DIE SKOOL OOR KAARTFASILITEITE BESKIK. U IS WELKOM OM VAN DIE BEGROTINGSFASILITEIT OP U KREDIETKAART GEBRUIK TE MAAK.
U KAN OOK MET DIE FINANSIëLE KANTOOR REëL OM U SKOOLGELDE PER DEBIETORDER TE BETAAL.
UITSTAANDE REKENINGE
Die beheerliggaam gaan van die veronderstelling uit dat skoolgeld vooruit betaalbaar is. Rekeninge word maandeliks/kwartaalliks (afhangend van u betaalwyse) uitgestuur. Indien rekeninge na ‘n maand nie vereffen is nie, word ‘n aanmaningsbrief vanaf die skool uitgestuur. Indien ‘n rekening op kwartaaleinde nog nie vereffen is nie, en die ouer nie bevredigende skriftelike reëlings met die skool se Finansiële Bestuurder getref het nie, sal die uitstaande rekening ongelukkig sonder verdere kennisgewing aan ‘n invorderingsprokureur oorhandig word.
AANSOEK OM VRYSTELLING
VAN BETALING VAN SKOOLGELD
Regulasies maak dit vir ouers/voogde moontlik om op grond van werklike behoeftigheid aansoek om vrystelling of gedeeltelike vrystelling van die betaling van skoolgeld te doen. Hierdie aansoekvorms is ook by die Finansiële kantoor beskikbaar. Voltooide aansoekvorms vir vrystelling van skoolgeld moet voor of op 14 Februarie by bogenoemde persoon ingehandig word. Afsprake sal met aansoekers gereël word ná inhandiging van aansoekvorms.
Indien u van Internetbetalings gebruik maak, gebruik asseblief u kind se NAAM EN VAN asook REKENINGNOMMER. Maak seker dat u die korrekte rekeningnommer gebruik.